PRODUKTE ..Kontak ons nou! stadenpompe@lantic.net .. 083 287 2026 .. 083 287 2026

Die Staden stelsel word gebruik om ysterpype en ‘n kopersilinder met plastiek pype en 'n plastiek silinder te vervang.

Die verskille:
 

STADEN STELSEL

1. Een lengte pyp, stang en tou (buigbaar)
2. Glasversterkte nylon silinder (parte los beskikbaar)

3.
Gryper nodig om pyp in gat vas te anker

4.
Basisplaat verhoed horisontale beweging
van stelsel aangesien dit deur stelsel vasgetrek word.  
5. Kan in krom boorgate gebruik word – pyp kleiner en buigsaam.    
6. Een sool in silinder – plastiek – kan droogloop.    
7. Stang weeg slegs 700g per meter – hele sisteem trek ligter – minder wind voor windpomp draai – slag - water    
8. 32 klas 10 HDPE pyp of 40 klas 12 HDPE
9. Kleppe – vlekvrye staal – lug en waterdig – kan weer glad geskuur word indien nie
dig – plat gesny hiervoor
10.Kom standaard uit met forskop
11.Werk met ketting – geen afdrukaksie – geen slytasie op windpompkop                  

KONVENSIONELE STELSEL
                               
1. 3m lengtes stang en pyp aanmekaar
gesok.
2. koper silinder (parte nie los beskikbaar
nie.)
3. pype nie nodig om geanker te word
nie – rigied
4. basisplaat aan sementblok vasgebout
om stelsel te anker.

5.
kan nie in krom boorgat gebruik word
nie – pyp rigied.
6. 2 sole in silinder – swel vas (leer) krap
binnekant van silinder wanneer droogloop.
7. stang weeg meer as 1 kg per meter –
swaarder meer wind voor windpomp draai
– slag – water.
8. 40mm – 50mm galv pype
9. benodig ekstra eenrigting klep


10.
benodig aparte forskop wanneer druk
11. houtstang – afdrukaksie – slytasie op
windpomp-kop         

 
Bestaan uit 8 komponente (gryper, silinder, forskop, basisplaat, 2 vere, stang, pyp en tou)

Gryper – word gebruik om die stelsel aan die onderkant van die boorgat te anker.  Kompleet vervaardig van vlekvrye staal.  Het ‘n “housing” waarin die “cam” op en af beweeg.  Word geaktiveer en deaktiveer dmv ‘n 10mm ski-tou.  Word met ‘n punt na onder gemaak – tweedoelig – om bestaande wortels in die boorgat af te sny en as “guide” te dien vir ‘n haak indien die tou afgebreek het. Draai onder die silinder in.

Meer..

Silinder – Slegs in 2.5" grootte beskikbaar.  "Barrel" en "endcaps" gemaak van glasversterkte nylon, word gladgemaak aan die binnekant voor gebruik.  Stang, moere, springwashers, bout, kleppe en bussies word gemaak van vlekvrye staal.  Sool – Poli- uritaan.  Res of vlekvrye staal of plastiek. Kleppe word plat gesny sodat dit weer glad geskuur kan word indien nie meer dig sluit.nie. Silinder het twee o-rings (bo en onder op "end caps") om waterdigtheid te verseker. "End caps" se standaard skroefdraad is 1½"  (female) en die stang is 12mm standaard – word van ‘n sluitmoer voorsien.

Meer..
Manlike passtuk – 32 x 1½"  
Pyp – 32mm klas 10 HDPE
Stang – "spring loaded wire" – kan gebuig word om op te rol ± 1.6m in deursnee. Indien meer gebuig – kan knak - kan dan deurskuur.  Word beskerm deur 16 klas 16 pypie en met ghries hierin gedruk.  Word aan weerskante afgeseel met ‘n vlekvrye staal crimp.  Punte word omgeklink, sodat stang nie kan terugtrek nie.  

"Crimps" – van vlekvrye staal gemaak.  Growwe nie standaard manlike skroefdraad aan een kant – word gebruik om binne in 16 klas 16 pypie in te draai.  Standaard 12mm vroulike skroefdraad aan die ander kant waar stang van silinder of forskop indraai word ook gebruik om stang te los.

 
Tou – 10mm ski-tou word gebruik om die gryper te aktiveer / deaktiveer – word aan gryper en basisplaat vasgemaak.  Hang verder los in gat.
T-stuk – 32  x 1" Vroulike Tee – las pyp in gat af met pypie van forskop.  
Basisplaat – vervaardig  van vlekvrye staal – gebruik om stelsel bo te  anker en te verseker dat geen horisontale beweging van die stelsel plaasvind nie.  Het ‘n moer aan die onderkant waar die tou vasgemaak kan word.

Meer..
Forskop – bestaan uit ‘n vlekvrye staal stang, met sluitmoer, 2 x 1" leersole met bussies.
Pypie wat as buis dien – 32 klas 16 PVC pyp.  Oogmoer aan die bokant van die stang wat gekoppel word aan die houtrod dmv ‘n ketting (6,3mm) nie voorsien-  geen afdrukaksie.

Meer..
Vere – word met draadjies aan die oogmoer van die forskop vasgemaak.  Moet gestrek bly – anker aan sementblok of verleng met draad en anker aan dwarsbalk van die toring.  Help om die stang af te trek – meer nodig indien die water ver of hoog gepomp word.

Meer..

Staden Stelsel afstande en hoogtes wat forskop kan druk

0 – 6km gelykoppervlakte

 
sementblok – 40m Hoogte indien gat nie dieper as 60m is nie. Dus totaal 100m Klas 10 Pyp. Indien nodig kan ‘n forskop met nylon verpakking ook vervaardig word.  
  TUIS ..|.. PRODUKTE ..|.. D.I.Y ..|.. KONTAK ..|.. ENGLISH Design by WebworxX.co.za